Gallery
HESSEQUA NUUS - Die somerseisoen het op ’n jolige noot met die eerste Hessequa Fest afgeskop.
Die Fest wat Vrydag 13 en Saterdag 14 Desember plaasgevind het, het inwoners en besoekers uit buurdorpe in die streek en die res van die Tuinroete gelok.
Vrydagaand is ’n glansryke gay-modeskou in die burgersentrum gehou.
Plaaslike en besoekende Sewes-rugbyspanne het Vrydagaand en Saterdagoggend meegeding.
Saterdagmiddag het die eienaars van brullende blink motors mekaar die stryd aangesê.
Die fees is afgesluit met plaaslike en bekende kunstenaars.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'