HESSEQUA NUUS - ’n Ma van twee kinders in ’n skool in Hessequa is raadop met boelies wat haar kinders genadeloos teister.
Hulle knou haar saggeaarde, teruggetrokke kinders so erg af dat hul skoolwerk daaronder ly en hulle nie meer wil skool toe gaan nie. Hulle is veral angsbevange wanneer dit pouse is en daar nie toesig op die skoolterrein is nie.
Kapt. Hans Busch, bestuurder van Riversdal Sektor 1 raai ouers aan om eers deur die skool en beheerraad, of Kindersorg ’n oplossing te soek voor die polisie betrek word.
Lees meer in Donderdag seSuid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'