Update
MELKHOUTFONTEIN NUUS - Die naweek se plaaslike rugbywedstryde het nie net getroue ondersteuners gelok nie, maar selfs twee besoekers van New York.
Josh Reeve en Latrell Margraff het Saterdag 2 Februarie egte Melkies-kultuur ervaar toe hulle na die wedstryd tussen Riversdal Blues en die Seagulls gaan kyk het.
Die twee Amerikaanse besoekers het einde Januarie vanjaar in Suid-Afrika aangekom en werk saam met die Dreamcatcher-organisasie op die dorp tot einde April, waarna hulle terugkeer na die VSA.
Reeve spesialiseer in joernalistiek en kommunikasie binne die gemeenskap en Margraff fokus op hoe armoede en die beskikbaarheid van voedsel die gemeenskap beïnvloed.
Dit was die heel eerste rugbywedstryd wat die twee vriendelike, entoesiastiese Amerikaners beleef het en hulle het nooit 'n tekort aan hulpvaardige kommentators gehad nie.
Inwoners sê: "We wish you a wonderful stay, Josh and Latrell!"
Lees 'n vorige artikel hier: New Yorkers kuier op Melkies
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'