HEIDELBERG NUUS - Dis nie aldag dat inwoners aanskou hoe 'n wyksraadslid hand aan die ploeg slaan om die wyk waarin hulle die inwoners verteenwoordig, te help skoon hou nie.
Sonja le Roux, wyk 9 se wyksraadslid is Vrydag 14 Oktober in Eksteenstraat in Heidelberg op kamera vasgelê waar sy met 'n besem, handskoene en plastieksak die sypaadjie skoongemaak het.
Hier is sy besig om met 'n inwoner 'n grappie te deel terwyl sy ook 'n welkome blaaskansie geniet.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'