MELKHOUTFONTEIN NUUS - Die kaal stuk grond neffens die blou kerk in Melkhoutfontein is op Vrydag 9 September deur Hessequa-munisipaliteit opgeveil.
Hoewel die veiling vooraf goed geadverteer is, het slegs drie voornemende kopers daarvoor geregistreer.
Die gedeelte van 14 000 vierkante meter is ideaal by Melkhoutfontein se ingang geleë en as besigheidsgrond gesoneer.
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'