Update Video
WITSAND NUUS EN VIDEO - Wihan Wegewarth van Witsand het vandag (Vrydag 5 Julie) om 07:00 by Malgas in die Breërivier sy swemtog van 40 km na Witsand aangepak.
Hy beplan om Saterdag omstreeks 16:00 by die NSRI-stasie op Witsand klaar te maak.
Hy is besig om op dié unieke wyse geld in te samel vir ‘n speelpark in die kusdorp.
Martin Fourie, bevelvoerder van die NSRI se stasie op Witsand, volg hom in die NSRI se reddingsboot. Fourie doen ook heeltyd verslag oor die swemmer se vordering.
“Die probleem van die lang afstand is dat hy nie kan stop en rus op die kant nie, want dan kramp hy,” deel Fourie op ‘n WhatsApp. “So elke breukie, kos, waterinname gebeur terwuyl hy steeds aan die beweeg is.”
Belangstellendes wat hom wil borg, kan Ocker Jonker by 023 626 3046/7 kontak.
Kyk 'n video hieronder.
Lees 'n vorige artikel: Man durf Breërivier van Malgas tot Witsand aan
Martin Fourie volg hom al die pad.
40km is ver, maar hy vorder goed!
Wihan se vordering word op 'n elektroniese roetekaart aangedui.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'