Video
WITSAND NUUS EN VIDEO - Wihan Wegewarth van Witsand beplan om Vrydag en Saterdag 5 en 6 Julie 40 km vanaf Malgas tot by Witsand te swem om geld vir ’n speelparkie in die kusdorpie in te samel.
“Ek spring 07:00 Vrydag by die pont oor die Breërivier by Malgas weg,” sê Wegewarth, een van ’n groep inwoners wat vir verskeie projekte geld insamel.
“Ek beplan om so teen 16:00 waar ek dan ookal is uit te klim en by die huis op Witsand te gaan uitrus. Ek vertrek weer Saterdagoggend om 07:00 en beplan om omstreeks 16:00 by die NSRI se kantoor op Witsand aan te kom.”
Hy sal vergesel word deur twee vriende, Martin Fourie en Thys Carstens, albei paramedici, wat hom nie net gaan bystaan nie, maar ook die hele avontuur - die eerste van sy soort - in foto’s en op videos vas te vang.
Die gemeenskap is welkom om hom op die roete in te wag en te ondersteun.
Kyk 'n video hieronder:
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Witsand, Hessequa nuus'