HESSEQUA NUUS - Werner Hartnick, 'n gr. 10-leerder by Kairos Senior Sekondêr en boorling van Slangrivier, het Maandag 10 Julie ’n hartoperasie by Tygerberg-hospitaal ondergaan.
Werner sukkel sedert sy babajare met sy hart en het op 'n bloedjong ouderdom ’n hartomleiding by Rooikruis-kinderhospitaal ondergaan.
Weens sy siekte moes hy gereeld lang tye in die hospitaal deurbring en het hy gevolglik sy skoolloopbaan veel later begin. Akademies presteer hy egter goed.
Net voor die skool verlede kwartaal gesluit het, het die skoolhoof, Trevor Februarie, 'n geskenk en ’n bedrag kontant aan Werner geskenk om hom tydens sy hospitalisasie te help.
Die geskenk het toiletware en -sakkie ingesluit, terwyl hy met die kontant lekker warm klere en slaapklere vir sy verblyf kon aanskaf.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’