HEIDELBERG NUUS - Roger Williams (36), munisipale werker op Heidelberg se been moes geamputeer word na die vragmotor waarin hy was, die pad verlaat en omgeslaan het.
Nog ‘n werker, Daylin Roberts wat saam met hom was, het slegs ligte beserings opgedoen en is na behandeling by Riversdal-hospitaal dieselfde dag ontslaan.
Die voorval het Dinsdag, 13 Oktober tussen 12:00 en 13:00 ongeveer 500 meter vanaf die kruising in Witsand gebeur.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'