RIVERSDAL NUUS - ’n Plaaswerker wat Donderdag 9 Januarie deur ’n Kaapse kobra gepik is, is Maandag 13 Januarie uit die hospitaal ontslaan.
George Fredericks is na Riversdal-hospitaal gehaas waar teengif toegedien is en hy het heeltemal herstel.
Volgens Allison Bryant, voorsitter van die Stilbaai-gemeenskapspolisiëring-subforum (GPFS), maak sy aan die begin van die somer seker of die hospitaal teengif in voorraad het. Sy laat dan die 350 lede van die subforum weet en dit is juis een van hul werkers wat gepik is.
Volgens die provinsiale gesondheidsdepartement hou alle hospitale teengif aan.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'