STILBAAI NUUS - Die Inverroche kragbootspan het drie wêreldkampioenskaptitels in die Pro Stock-klas tydens die Wêreld kragbootkampioenskap in Frankryk ingepalm.
Raynor Becker van Stilbaai en Hugo Erasmus van Riversdal het aan die kampioenskap wat vanaf 30 September tot 8 Oktober by Frejus aangebied is, deelgeneem en is as die 'Surf'-, Longhaul'- en 'Circuit'-kampioene dié klas aangewys, terwyl hulle ook die algehele wenners was.
Hulle het boonop die langafstandren algeheel gewen nadat hulle vier minute ná die gemodifiseerde klas weggetrek het en was 'n ronde vinniger as al die ander spanne in hul klas.
Dit is voorwaar 'n uitstekende prestasie vir dié span wat ook die Suid-Afrikaanse kampioene in die Pro Stock-klas is.
Die span het hul borge, familie en ondersteuners bedank, waarsonder dié prestasie nie moontlik sou wees nie.
Die Inverroche-span, Raynor Becker en Hugo Erasmus in aksie in Frankryk.
Opvolgberig in volgende week se uitgawe van die Suid-Kaap Forum.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'