RIVERSDAL NUUS - Community Animal Rescue Services (Cars) se hoofdoel tans is om diere in te ent en te steriliseer.
Hulle ent slegs diere wat reeds gesteriliseer is.
Rekord word gehou van diere wat reeds ingeënt is sodat hulle dit later kan opvolg om sodoende die dier te steriliseer.
Omdat almal wat by Cars betrokke is bedags moet werk ook, is dit vir hulle moeilik om so spoedig moontlik aksie te kan neem.
Hulle doen 'n beroep op die gemeenskap om betrokke te raak.
Vyf babahondjies, een reun wat vyf weke oud is, nog 'n reun wat ses weke oud is en 'n teef wat moontlik tussen twee en drie jaar oud is soek tans 'n tuiste.
Almal is ontwurm en gesteriliseer.
Leyla is 'n liefdevolle tefie en tussen twee en drie jaar oud.
Riley is 'n op en wakker reun wat reg is om sy nuwe gesin te ontmoet.
Bengi is 'n saggeaarde reun en is nou vyf weke oud.
Skakel Sandra Lotz by 082 962 1831.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'