Update Video
WITSAND NUUS EN VIDEO'S - Inwoners van die dorp kan nou hul krane oopdraai en soos ander dorpe in die gebied vars water geniet.
Dit is moontlik gemaak deur 'n ontsoutingsaanleg wat Maandag 11 Februarie amptelik oorhandig is, al is dit reeds in Oktober 2018 voltooi.
Sedertdien het dit meer as 9 000 kubieke liter water aan die gemeenskap gelewer.
Die aanleg, wat deur sonkrag aangedryf word, is die eerste van sy soort in Afrika. Die konsep is binne 18 maande ontwikkel, geïmplementeer en oorhandig.
Dit is ook 'n uitstekende voorbeeld van innovering, vennootskappe en tegnologie. Genoop deur die knaende droogte en watertekorte in kusdorpe, is dit moontlik gemaak deur innoverende tegnologie en finansiële ondersteuning van die Franse regering, kundige leiding van die Universiteit van Stellenbosch en die stabiliteit in die streek.
Die geleentheid is deur verskeie hooggeplaastes bygewoon, naamlik dr. Ivan Meyer, Wes-Kaap minister van finansies, Christophe Farnaud, ambassadeur van Frankryk, Grant Riddles, burgemeester van Hessequa en verskeie raadslede.
Van links: Dr. Ivan Meyer, dr. Willa Boesak, eerw. Reggie Boesak en prof. Erwin Schwella het die amptelike oorhandiging van die ontsoutingsaanleg bygewoon. Foto’s: Alex Marshall, korrespondent
Tradisionele leiers van die Hessequa-stam, naamlik eerw. Reggie Boesak, dr. Willa Boesak en raadgewer Henry Matthys was teenwoordig. Die burgemeesters van Mosselbaai en Swellendam, amptenare van die Theewaterskloof-munisipaliteit, besoekers uit Namibië en 'n verteenwoordiger van Eden Radio was ook daar.
Kyk twee video's hieronder:
Lees verwante artikels hier:
'Ons bring jou die nuutste Witsand, Hessequa nuus'