WITSAND NUUS - Die groot dryfveer agter die sonkrag aangedrewe ontsoutingsaanleg op dié dorp is prof. Erwin Schwella van die Universiteit van Stellenbosch.
Scwella is al vir 37 jaar met projekte gemoeid wat die lewensstandaard van mense verbeter en ophef deur sy werk as professor in openbare leierskap by die universiteit en Tilburg universiteite. Hy word ook beskryf as 'n 'disruptive social innovator'.
Hy glo daarin dat tegnologie die mensdom moet dien. Mense met idees moet deur goeie stelsels, soos goeie regeringstelsels, met tegnologie verbind kan word om gestalte te gee aan daardie idees wat tot die verbetering van menslike omstandighede kan lei. As gevolg van goeie leierskap deur politici, bestuurders en tegnici, moet geleenthede geskep word om deur 'social innovation' die euwels van armoede, werkloosheid en ongelykheid teen te werk.
Scwella word deur sy passie vir professionele dienslewering, gelykheid en geregtigheid gedryf. Hy tree hierdie jaar uit by die universiteit en begin aanstaande jaar by Hugenote Kollege in Wellington, waar hy 'n skool vir maatskaplike vindingrykheid wil begin. Studente sal daar geleentheid kry om te werk aan besigheidsinnovering, innoverende regeringsmodelle en nuwe maniere om maatskaplike euwels die hoof te bied.
Hy sal vir 'n ruk nog by die Witsandprojek betrokke wees, voor dit geheel en al deur die munisipaliteit bedryf sal word.
Lees 'n verwante artikel: Vars water vir Witsand
'Ons bring jou die nuutste Witsand, Hessequa nuus'