NASIONAAL Vanaf 1 Mei sal die lewe in Suid-Afrika weer stadigaan na normaal begin terugkeer, maar dit gaan nie oornag gebeur nie.
Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag 23 April aangekondig dat die inperkingsmaatreëls in fases opgehef sal word. Dit beteken dat sektore waar die moontlikheid dat die koronavirus versprei beperk is, eerste oopgestel sal word. Presies hoe die infasering gaan geskied sal deur die loop van die week deur die verskillende departemente se ministers bekendgemaak word.
Die vyf fases
- Fase 5 - Die huidige vlak van inperkingsmaatreëls is ingestel om die verspreiding van die virus te voorkom ten einde menselewens te red;
- Fase 4 - Die maatreëls sal ietwat verlig word om sekere aktiwiteite toe te laat, maar voorsorgmaatreëls om besmetting te bekamp, sal steeds toegepas word;
- Fase 3 - Die maatreëls met betrekking tot werk en sosiale aktiwiteite sal verder verslap word;
- Fase 2 - Die verslapping duur voort, maar mense moet steeds ’n veilige afstand van mekaar handhaaf. Sekere ontspannings- en sosiale aktiwiteite sal steeds beperk word om te voorkom dat die virus weer opvlam;
- Fase 1 - Die meeste normale aktiwiteite kan voortgaan terwyl voorsorgmaatreëls en gesondheidsriglyne te alle tye gehandhaaf word.
Wat beteken fase 4?
- • Landsgrense bly gesluit buiten vir die terugkeer van Suid-Afrikaners en die vertrek van buitelanders wat hier gestrand is;
- • Geen reis tussen die provinsies sal toegelaat word nie, buiten die vervoer van goedere en vir buitengewone omstandighede soos begrafnisse;
- • Openbare vervoer sal toegelaat word, maar die aantal passasiers moet beperk word, streng higiëne moet gehandhaaf word em almal moet gesigmaskers dra;
- • Almal buiten diegene wat moet gaan kos koop of dokter/kliniek toe gaan, noodsaaklike werk verrig of in sektore is wat reeds oopgestel is, word aangeraai om tuis te bly;
- • Almal wat die huis verlaat moet ’n masker dra.
- • Die ministers in die verskillende sektore sal bepaal watter goedere te koop aangebied mag word. Hoewel wegneemetes (warm kos) en sigarette verkoop mag word, sal geen alkohol verkoop word nie.
- • Kuierplekke, kroeë, konferensie- en konvensiesentrums, plekke van ontspanning, teaters en flieks, asook konsertvenues bly toe;
- • Konserte, sportaktiwiteite, godsdienstige, kulturele en sosiale byeenkomste word verbied tot die moontlikheid van die verspreiding van die virus nie meer ’n faktor is nie. - SAnews.gov.za
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'