Suid-Kaap FORUM is gekontak deur ‘n bekommerde inwoner van hier nadat ‘n uil naby Little England doodgery is.
Uile is ‘n algemene gesig in Stilbaai en word hul bewaring aangemoedig. Uile jag in die nag en word doodgery wanneer die hoofligte van ‘n voertuig hul verblind en hulle nie kan padgee nie.
Wees bewus van uile:
Jy kan ‘n verskil maak op ‘n paar maklike maniere:
- Bly binne die spoedbeperking en ry stadiger as dit donker of mistig is sodat jy betyds kan reageer.
- Indien jy ‘n uil in die pad kry, sal dit dalk nie padgee nie, omdat die skerp hoofligte van die motor dit tydelik verblind. In so ‘n geval, ry stadiger, verdof die hoofligte en druk op die toeter indien die voël nie gevlieg het nie.
- Moenie mors nie, want ekstra kos lok knaagdiere na die pad en hulle lok weer uile.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap FORUM, asook aanlyn.