Die polisie van Riversdal en Ladismith het in 'n gesamentlike operasie in die landelike omgewing van Brandrivier op die voertuig waarin die verdagtes gery het toegeslaan. Volgens a.o. Morné D'Emiljo, polisie woordvoerder van Riversdal polisie, is die vyf verdagtes almal afkomstig van Kaapstad, en hul is op die toneel gearresteer en die gesteelde koper telefoonlyne met 'n vervangingswaarde van ongeveer R80 000, is op beslag gelê.
D'Emiljo het bevestig dat al die verdagtes reeds 'n tweede keer in die hof verskyn het en is tans nog in aanhouding.
Weens die sensitiwiteit van die ondersoek, word die identiteit van die verdagtes tans weerhou. D'Emiljo het bygevoeg dat die polisielede betrokke by die operasie opreg bedank word vir die uitstekende arrestasies wat deur hulle gemaak is.

Die voertuig waarmee die verdagtes gery het.