Update
HESSEQUA NUUS - Die afvuur van vuurwerke tydens die feestyd gaan behoorlik by die lont afgeknip word.
"Persone wat vuurwerke afvuur, sal hulself skuldig maak aan 'n misdryf en kan 'n boete van R1 000 ingevolge die Vuurwerke Verordeninge opgelê word," het Hessequa munisipale kommunikasiebeampte, Didi Budricks gesê.
Sy het bygevoeg dat inwoners en besoekers kennis moet neem dat afvuur van Chinese lanterns en vuurwerke binne die Hessequa-streek streng verbode is.
"Vuurwerke, Chinese lanterns en soortgelyke artikels is 'n groot brandrisiko en sal noukeurig deur die polisie en wetstoepassing departement gepolisieer word."
Indien 'n veldbrand of enige struktuurbrande in die streek opgemerk word, kan die munisipaliteit se 24-uur noodnommer (028 713 2222) geskakel word.
"Die gemeenskap word by voorbaat vir hul begrip en goeie samewerking bedank."
Vorige artikel: Vuurwerke streng verbode
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'