STILBAAI NUUS - Vuurwapen-verwante sake kan nou weer aandag kry.
Volgens ao. Morné D'Emiljo van die plaaslike polisie is die kantoor weer gereed om aansoeke om lisensies en enige ander vuurwapenaangeleenthede te hanteer.
Hy versoek egter die publiek om die kantoor vooraf vir 'n afspraak te skakel, sodat getalle volgens inperkingsregulasies beheer kan word.
Stilbaai-polisie kan by 028 754 6100 gekontak word.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'