STILBAAI NUUS - Die huidige vuurwapen amnestieperiode verstryk op 31 Januarie.
“Vuurwapen eienaars wat tans in besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie is (lisensies wat nie hernu was nie), moet van die amnestieperiode gebruik maak voor dit verstryk om vervolging vry te spring,” waarsku ao Morné D‘Emiljo, sigbare polisiëringshoof by Stilbaai-polisie.
Vir enige verdere navrae of afspraak kan me Van Dalen (028 7546108/6107/ 6104) gekontak word.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'