RIVERSDAL NUUS - Die vuur by die Korentepoortdam net buite Riversdal duur steeds voort, maar brandweerspanne en plaaslike boere het met 'n puik spanpoging daarin geslaag om dit onder beheer te bring.
Helikopters is gister (Dinsdag 27 Februarie) ingespan om met die brandbestryding te help. Brandweerspanne het ook voorbrande aan verskeie fronte begin om te help om die brand in sy opmars te stuit.
Inwoners van Riversdal kon gisteraand duidelik die vuurlyn vanaf die dorp gesien het.
Daar was nog geen lewensverliese nie en geen huise word tans bedreig nie.
Brandweerspanne van Hessequa, die Tuinroete, Working on Fire, MTO en die South Cape Fire Protection Association is steeds op die toneel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’