RIVERSDAL NUUS - Hessequa-munisipaliteit het die massavullishouer op die hoek van die Garcia- en Vetterivierpad was, verskuif.
Die nuwe hok vir vullissakke is ongeveer vyf kilometer in op die Vetterivier-Holbakpad naby Spitskop-steenwerke geleë en is volgens die munisipaliteit reeds sedert Vrydag 31 Januarie in bedryf.
Volgens munisipale bestuurder, Johan Jacobs, is die vorige houer wat op die Vetterivier-afdraai was, na konsultasie met omliggende grondeienaars verwyder.
Jacobs beklemtoon die nuwe houer is slegs vir die gebruik van die omliggende landbou-grondeienaars en nie vir inwoners van die dorp nie.
Die publiek word versoek om nie meer vullis by die afdraai te plaas nie, aangesien dit op onwettige storting neerkom.
Geen vullis mag meer by die Vetterivier-afdraai gestort word nie. Foto: Deona Aucamp
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'