Gallery Update
JONGENSFONTEIN NUUS - Miranda van Aardt, plaaslike organiseerder van die Coastal Cleanup Conservation is baie tevrede met die opkoms met hul eerste kusopruiming wat Saterdag 22 Julie plaasgevind het.
Volgens Van Aardt is die groep deur Antonio da Silva-Swart gestig. Hul het Saterdagmiddag voor Drie Pikkewyne bymekaar gekom. "Ons is baie bly dat die Lappiesbaai Beach Stewards by ons vrywilligers ingeskakel het." Sakke, geskenk deur Da Silva-Swart is uitgedeel.
"Daarvandaan het ons strandlangs vir so ongeveer 2.8km gestap.
Die groep het na Jongensfontein getyepoel teruggekeer waar almal heerlike worsbroodjies, geborg deur Stilbaai Spar, genuttig het."
Volgens haar het hul 18 sakke opgetel. Sy is besig om alles wat hul opgetel het, in kategorieë op te deel, te tel en te weeg, asook op 'n vorm vir PlasticSA in te vul. Daarna sal dit herwin word.
"Ons wil graag elke maand 'n ander deel van ons kuslyn skoonmaak. Vanaf Jongensfontein, Blombos tot Geelkrans. Persone wat op kusdorpe woonagtig is, is welkom om by ons aan te sluit.
Hul kan ons webtuiste besoek.
Ek wil Spar, Da Silva-Swart, Beach Stewards, asook al die vrywilligers van Jongensfontein en Stilbaai wat saam opgeruim het, bedank."
Lees 'n vorige artikel hier: Jongensfontein Kus Skoonmaakaksie
'Ons bring jou die nuutste Jongensfontein, Hessequa nuus'