HEIDELBERG NUUS - Die JF Neumann Memorial Congregational kerk se vrouevereniging het op Sondag 11 Maart hul High Tea byeenkoms in hul kerksaal aangebied.
Die gasspreker was past. Charlotte Roberts, boorling van Heidelberg en bekende Suid-Kaap radio-omroeper en motiveringspreker. Nagenoeg 120 vroue, sowel as 'n paar mans het die spoggeleentheid bygewoon.
Vroue van verskeie denominasies het die geleentheid ondersteun. Roberts het die aanwesiges met 2 Korinthiërs 1 vers 20 bemoedig. Volgens die passievolle spreker maak dit die saak wat die uitdagings is nie, solank jy 'n ja-gees het sal en kan jy alles oorkom. Sy het die gaste aangemoedig om 'n positiewe gesindheid teenoor God te handhaaf. "Sy woord is immers ja en amen."
Sy is staande toegejuig aan die einde van haar inspirerende toespraak.
Ter afsluiting van die verrigtinge het die voorsitter, Sally Petersen almal vir hul bywoning en ondersteuning bedank.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'