Update
WITSAND NUUS - 'n Vrou (79) het Sondag 9 Febuarie omstreeks 16:04 verdrink toe die rubberboot waarin sy en twee bejaarde mans was, omgeslaan het.
Angelika Grom was die eggenoot van die 79-jarige man, wat saam met sy 76-jarige broer oorleef het.
Al drie is burgers van Duitsland, maar die oorledene en haar man het in Kaapstad gewoon. Hulle was ten tyde van die voorval by hul vakansiehuis op Witsand. Die 76-jarige is die man se broer wat tans hier op besoek is.
Volgens Craig Lambinon, NSRI-woordvoerder het ooggetuies die stasie by Witsand laat weet dat hulle 'n rubberboot wat omgeslaan het by Die Bank aan die Kaap Infanta-kant van die Breërivier-mond gesien het.
Die reddings-vaartuie Falcon Rescuer en Breede Rescuer is dadelik na die toneel.
Een van die mans was nog op die boot, terwyl die ander man en vrou deur omstanders uit die water gehelp is. Die vrou is op die toneel dood verklaar.
"Die NSRI betuig diepste medelye met die naasbestaandes," het Lambinon gesê.
Lees 'n vorige artikel: Vrou (79) verdrink by Witsand
'Ons bring jou die nuutste Witsand, Hessequa nuus'