WITSAND NUUS - ’n Vrou (79) het Sondag 9 Febuarie omstreeks 16:04 verdrink toe die rubberboot waarin sy en twee bejaarde mans was, omgeslaan het.
Die mans, onderskeidelik 79 en 76, het oorleef. Al drie is burgers van Duitsland, maar die oorledene en haar man het in Kaapstad gewoon.
Hulle was ten tye van haar dood by hul vakansiehuis op Witsand. Die 76-jarige is die man se broer wat hier op besoek is.
Volgens Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI het ooggetuies die stasie by Witsand van die voorval in kennis gestel.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Witsand, Hessequa nuus'