amper eetbaar soos 'n toffie,
of 'n drinkding soet soos koffie,
maar sou ons dit kon uitrek soos 'n rekker?
Sou ons dit kan benut as 'n kombers?
Sou ons daarmee kon lig maak soos 'n kers?
Sou ons iemand se pyn kan streel
of sommer net met ander kan deel?
Sou ons kan omgee vir mekaar?
Sou ons op eens humeure kan bedaar
Sou ons oorloë kan beëindig?
en bose plekke daarmee heilig.
Wat beteken Ubuntu rêrig
en hoe sou ons dit kon gebruik?
As niemand ons kan inlig nie,
soveel take, maar nooit genoeg woorde