Gallery
RIVERSDAL NUUSFLITS - Voortrekkers het die lang naweek aangegryp om nuwe vaardighede te leer.
14 Gr. 10 Voortrekkers en hul offisier, Estelle D’Emiljo het vanaf Sondag 29 April tot Dinsdag 1 Mei saam gekamp op Riversdal. Tydens ’n verfbalspel (paint ball) is veldslae uit die geskiedenis uitgebeeld.
Daar is altyd tyd vir speel, veral vir tradisionele speletjies soos beesvelgooi, eiergooi, jukskei, blindemol, skilpadtrek, skilpadresies en nog ander is gespeel.
Oplettendheid is getoets terwyl leerders, slegs met behulp van leidrade ’n middernagtelike roetemars deur die dorp voltooi het.
Voortrekkers het die lang naweek aangegryp om nuwe vaardighede te leer.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'