Hierdie monument is in 2001 opgerig om die mees Suidelike skermutseling van die Anglo-Boereoorlog te herdenk.
Alhoewel die oorlog hoofsaaklik in die Vrystaat en Transvaal gewoed het, was Riversdal se Voortrekkers bevoorreg om tydens besoek aan hierdie monument meer van die dorp se plaaslike geskiedenis te kon leer.
By hierdie gedenksteen het hulle spesifiek kommdt Jan Theron, leier van hierdie boerekommando en sy manne onthou en vereer vir hul bereidwilligheid om alles op te offer vir hul land en volk.
So ook was daar tienduisende ander mans, vroue en kinders wat die hoogste prys betaal het vir dit waarin hulle geglo het!
Die stryd in die land is deesdae meer subtiel van aard, maar moet elkeen steeds voortdurend keuses maak tussen reg en verkeerd, dikwels teen 'n prys.
Die Voortrekker staan vas op 'n ryke erfenis as Afrikaners, burgers van Suid-Afrika en bowenal Christene.
Hulle kom Maandae om 17:15 bymekaar om meer te leer oor geskiedenis, Christenskap, kampe te reël en sommer net pret saam te geniet.
Kontak Erna Boswell by 082 344 7873 vir verdere inligting.
Klik hier vir 'n verwante nuusflits.
Die Voortrekkerverkenners by die Soebattersvlakte-monument.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'