HESSEQUA NUUS - Pieter Duminy het Vrydag, 23 April na 37 jaar as opvoeder die tuig neergelê. Die laaste 13 jaar was by dié skool tussen Heidelberg en Witsand.
Volgens die prinsipaal, Zandra Davids het hy in 2008 met sy aansluiting as personeellid sommer baie vinnig sy merk as toegewyde onderwyser gemaak.
"Hy het gedurende die 13 jaar net sy beste gegee en altyd die ekstra myl vir elke leerder gestap. Ons as skoolgemeenskap bedank hom hartlik vir sy toegewydheid en wens hom alle seën toe met sy aftrede," het Davids benadruk.
Zandra Davids, Pieter Duminy, Carmen Hill en Elmarize Van Wyk, beide opvoeders.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'