WITSAND NUUS - Gr. 4, 5 en 6-leerders het op 13 Februarie meer oor die suidelike noorkapperwalvis geleer.
Ter viering van dié dag op 16 Februarie, het Tertius Josephs, natuurbewaarder van die Laer-Breërivier Bewaringstrust verduidelik dat die walvisse, wat jaar na jaar by St. Sebastianbaai by die mond van die rivier saamkom, tot 45 km ver in die rivier op tot by die pont by Malgas swem.
Na afloop van die praatjie kon die leerders die verskillende walvisse uitken en hul gewoontes opnoem.
Skoolhoof me. Zandra Davids en mnr. Pieter Duminy, onderwyser, was in hul skik met die aanbieding. Josephs wil die praatjie ook na ander skole uitbrei.
'Ons bring jou die nuutste Witsand, Hessequa nuus'