Volgens die prinsipaal, Zandra Davids droom hulle al lank van 'n sportveld van hul eie sodat hul leeders nie hoef gebruik te maak van ander skole se fasiliteite nie.
Die skool spog nou met ’n eie sportveld wat hulle gratis op huurkontrak van die Universiteit van Stellenbosch (US) en Lood van Deventer, ’n plaaslike boer en sakeman, ontvang het.
Davids, die personeel sowel as die leerders en hul ouers spreek hul dank teenoor Francois Swart van die US uit wat so passievol gewerk het om die universiteit te oorreed om die nodige toestemming te verleen vir die gebruik van die veld.
Sy bedank ook vir Van Deventer vir die netjiese omheining van die sportgrond wat hy gratis gedoen het.
Die leerders het self gewoeker om geld vir die groot ingangshek in te samel.
"Enige persoon wat ons wil borg of ’n donasie wil skenk om die sportgrond verder te ontwikkel, kan my skakel by 028 537 1403 of Jacques Bekker by 028 537 1875," het Davids afgesluit.

Die gr. 7-leerders van Vondeling saam Zandra Davids (heel links agter), hul onderwyser, Pieter Duminy (middel) en hul weldoener en staatmaker, Jacques Bekker (regs agter), is behoorlik in hul noppies met die nuwe sportveld. Voor hulle is van die klippe wat hulle opgetel het om weg te gooi.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'