RIVERSDAL NUUS - 'n Visie en droom van 'n paviljoen by hul sportterrein, het saam met Laerskool Volschenk se 75-jaar vieringe verlede jaar vorm aangeneem.
Bouwerk is afgehandel en die inwyding het Vrydag 13 April, tydens die sportdag teen Laerskool Wesbank van Oudtshoorn plaasgevind. "Hierdie paviljoen spog verseker met een van die mooiste uitsigte in die land.
'n Perfekte uitsig oor die bekende Slapende Skoonheid, asook ons pragtige sportterrein is 'n prentjie om te aanskou," het die skoolhoof, Danie van der Nest gesê.
Die paviljoen kan al die leerders van die skool onderdak akkommodeer.
"Ons sien uit na prag sportbyeenkomste, waar al ons ondersteuners onderdak kan sit en ons spanne aanmoedig. Hierdie is 'n belegging in ons skool, ons leerders en die plaaslike gemeenskap.
"Dis 'n geskiedkundige gebeurtenis in ons skool se bestaan en rond ons klubhuis perfek af."
Die klubhuis kan met gemak 150 gaste vir 'n aansit-ete akkommodeer en is nou ten volle toegerus vir enige geleentheid.
Lees 'n vorige artikel: Vollies wy paviljoen in
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'