STILBAAI NUUS - ‘n 26-Jarige man, Hendrik Francies is Saterdag, 24 Oktober om ongeveer 20:10 op die toneel dood toe hy na bewering deur ‘n voertuig raakgery is.
Die voorval het op die pad tussen Stilbaai en Jongensfontein gebeur.
Enige ooggetuies of enigiemand met inligting oor die saak word gevra om die ondersoekbeampte, konstabel Erasmus (079 711 3350) te skakel.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'