Update
HESSEQUA NUUS - Met min reën die jaar bly damvlakke daal terwyl inwoners nie skroom om onnodig water te gebruik nie.
Hoewel dit 19,8 mm gereën het, staan Korentepoortdam op slegs 39,76%. Totale reënval vir November was 60,8 mm. Duivenhoksdam se walle wat vroeër vanjaar oorgeloop het se watervlak het tot 61% gedaal. Olive Grovedam is nou 80% vol.
Tydens die feesseisoen plaas die toeloop van vakansiegangers geweldige druk op watervlakke. Volgens Hessequa-munisipaliteit se munisipale bestuurder, Johan Jacobs, sal vlak drie waterbeperkings vir die hele Hessequa-streek van 10 Desember vanjaar tot 10 Januarie 2019 van krag wees.
Inwoners kan help deur water spaarsamig te gebruik, diegene wat water mors en die reëls verontagsaam te rapporteer.
Beperkings
- Tuine mag slegs twee keer per week en tussen 18:00 en 19:00 natgemaak word. Gelyke straatnommers op Maandae en Donderdae en ongelyke straatnommers op Dinsdae en Vrydae.
- Tuinslange mag slegs onder toesig gebruik word.
- Afspuit van verharde oppervlaktes word verbied.
- Was van voertuie, karavane en bote mag slegs deur middel van 'n emmer gedoen word.
- Indien ander bronne soos reënwater tenks of boorgate gebruik word, moet dit op 'n sigbare wyse aangedui word.
Lees 'n vorige artikel: Vlak drie beperkings noodsaaklik
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'