HESSEQUA NUUS - Hoewel dit 19,8mm gereën het, staan die Korentepoortdam op slegs 39,76% wat strenger waterbeperkings noodsaaklik maak..
Die totale reënval vir November is 60,8mm. Die Duivenhoksdam se walle wat vroëer vanjaar oorgeloop het, se watervlak het tot 61% gedaal. Olive Grovedam is nou 80% vol.
Vlak 3 waterbeperkings geld vir die hele Hessequa-streek vanaf 10 Desember vanjaar tot 10 Januarie 2019.
Om te sien wat die beperkings behels, maak seker jy kry hierdie week se uitgawe.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
"Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus."