ALBERTINIA NUUS - Vlak 3-waterbeperkingmaatreëls word vir Albertinia vanaf 1 Maart ingestel.
Die dorp se stoor kapasiteit vir water om die gemeenskap te bedien, bestaan uit drie reservoirs met ‘n gesamentlike kapasiteit van 4 100 kiloliter.
Die normale verbruik per dag gedurende die jaar is tussen 600-700 kl per dag, dit wil sê daar is ten minste 4,8 dae nood stoorkapasiteit.
“Die gebruik vir die afgelope maand is tussen 900-1 000 kl per dag. Dit is ‘n aanduiding dat daar te min rouwater voorsien word om die huidige verbruik te kan akkommodeer. Die reservoirvlakke bly konstant laag, met die gevolg dat dit waterdrukprobleme in die gemeenskap teweeg bring,” sê Didi Budrick, munisipale woordvoerder.
• Inwoners kan die munisipaliteit se webtuiste besoek vir volledige inligting oor vlak 3.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'