GOURITSMOND NUUS - Org Nieuwoudt, eienaar van ’n diepseehengelboot by Gouritsmond, vertel ’n rooisteenbras wat vir die eerste keer in 2015 gevang is, is weer in Januarie ingekatrol.
Hy meet die visse wat sy kliënte vang en sommige word gemerk voor hulle weer vrygelaat word.
Sodoende het hy al sowat 50 visse gemerk, maar dié een is slegs die tweede wat hom weer op dieselfde plek laat vang.
Al die inligting wat aangeteken word, word vir navorsingsdoeleindes na die Oseanografiese Navorsingsinstituut gestuur.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Gouritsmond, Hessequa nuus'