Gallery
RIVERSDAL NUUS - Riversdal se strate was Vrydagmiddag droewig verlate vir ’n betaaldag.
Volgens sosiale media was daar deur die loop van die oggend talle mense op straat, maar teen 15:00 was feitlik almal wat huise het, tuis.
In Aloeridge was enkele kinders op pad na die naaste winkeltjie en enkele werknemers wie se dienste voortgesit word, was op pad huis toe.
Foto's: Riversdal se strate verlate
Volgens veiligheidsdienste is hulle omstreeks 12:00 in die dorp ontplooi en het vir inwoners verduidelik wat die algehele inperking weens die koronavirus beteken.
Teen 16:00 was al kopseer nog ’n groepie haweloses wat desperaat is vir veilige skuiling om ten minste die volgende 21 dae deur te bring.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'