HEIDELBERG NUUS - Die algemene verwagting is dat veral ouer mense, asook mense met chroniese siektes die ergste deur Covid-19 getref word.
Vir Daniel du Preez, meer bekend as oom Dên, moes die virus egter ’n agterste sitplek inneem toe dit hom probeer plattrek het.
Oom Dên, woonagtig in Joe Slovo Park, Heidelberg het Saterdag, 16 Januarie sy 81ste geboortedag herdenk na hy vroeër positief getoets het.
Hy en sy vrou het hulle geïsoleer, waartydens Elizabeth met groot liefde en deernis na haar eggenoot omgesien het.
Haar passievolle versorging het weer oom Dên se skop vir die lewe teruggebring en kon hulle sy besonderse verjaarsdag vier.
'Ons bring jou die nuutste Heideberg, Hessequa nuus'