ALBERTINIA NUUS - Drie laerskoolkinders en ‘n busbestuurder het ‘n vlammehel vrygespring toe die bus aan die brand geslaan het.
Die voorval het Maandagoggend, 12 Oktober kort na 07:00 in die Weltevrede landelike gebied buite Albertinia plaasgevind.
Rosina Joseph was Maandagoggend, 12 Oktober met die kinders op pad om nog ander op plase op te laai en na Oker Primêre Skool te neem.
By die Weltevrede laagwaterbrug het Joseph besluit om terug te draai omdat dit onder water was.
Met die omdraaislag het rook agter die bus begin uitborrel, waarna die sekeringskas onder die stuurwiel aan die brand geslaan het.
Al vier insittendes kon daarin slag om die vlamme te ontsnap.
• Lees meer aanlyn en in Suid-Kaap Forum.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'