Gallery Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Die Royal Crusader Christmas Choir het vier jong vrouelede in hul geledere.
Anja Steyn (23), Leverne Michaels (22), Shareeva Saayman (22) en Melissa de Villiers (15) is die enigste vroulike lede van die blaasorkes wat uit sowat 60 lede bestaan.
Hulle het almal van ’n jong ouderdom af by die orkes aangesluit en is besig om verskillende instrumente te leer bespeel.
Die orkes, wat in 1962 ontstaan het, bestaan naas die Brigade onder die vaandel van die St. Andrew’s Anglikaanse Kerk.
Kyk 'n video hieronder:
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'