Die vieringe is met verskeie aktiwiteite gevier. 'n Modeskou is Vrydagaand, 13 Junie gehou waartydens 'n Mnr en Mej Heidelberg VGK aangewys is. Stephanie Armoed het met die kroon weggestap met Clarechia September as haar eerste prinses en Felicity Arendse as tweede prinses.
Enrico van Wyk is as Mnr VGK senior gekies met Marlon Jacobs tweede en Keagon van Wyk derde. Shakira September is as Mej VGK junior aangewys met Daphwene Michaels tweede en Mayline Hermanus derde. Alldin Hopp het met die eerste plek in die junior afdeling weggestap met Keano van Wyk in die tweede plek.
Die verrigtinge is Saterdag ook met 'n sportdag by die rugbystadion gevier.

Van links agter staan Keano van Wyk en Alldin Hopp. Voor sit Daphwene Michaels, Shakira September en Mayline Hermanus.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'