HESSEQUA NUUS - Suid-Kaap Forum korrespondent, Mariska Visagie, het gaan inloer by drie van Albertinia se senior inwoners wie in Oktobermaand hulle verjaarsdae gevier het.
Willie Moses het op Donderdag, 22 Oktober haar 92ste verjaarsdag in Albertinia Versorgingsdienste herdenk, waar sy sedert 2009 'n inwoner is.
Vroeër jare het sy op Albertinia as "Willie Jet" bekend gestaan, berig Suid-Kaap Forum se korrespondent op Albertinia, Mariska Visagie.
Wilna Helm, inwoner van Albertinia Versorgingsdienste het haar 87ste verjaarsdag op Sondag, 25 Oktober herdenk.
Sy het op Albertinia grootgeword en haar stokpertjies is naaldwerk, lees, brei en tuinwerk. Sy hou daarvan om geselsies met almal aan te knoop.
Wilna Helm. Foto: Mariska Visagie
Josina Oosthuizen herdenk haar 91ste geboortedag op Saterdag, 31 Oktober.
Sy het op Albertinia grootgeword en het vir 55 jaar met beeste in die distrik geboer.
"Ek is nou nog lief vir boerdery en mis dit baie," vertel sy.
Haar stokperdjies is naaldwerk, brei en om in te kleur.
Josina Oosthuizen. Foto: Mariska Visagie
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'