MELKHOUTFONTEIN NUUS - Suid-Kaap Forum het verlede week oor van Melkhoutfontein Primêre skool se leerders berig wat eersdaags in ‘n verhoogproduksie in die Baxter-teater in Kaapstad gaan optree.
Drie volwassenes van dié dorpie buite Stilbaai sal ook in die produksie van “As die see byt” te siene wees.
Die Melkhoutfonteiners het verlede jaar die tragedie herleef toe die see-drama van die Wafra vissersboot in dramavorm vir hulle aangebied was.
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'