STILBAAI NUUS - Kunswerk by die inligtingskiosk by die brug is verlede week deur 'n graffitikunstenaar ontsier.
Inwoners het hul ontsteltenis op Facebook te kenne gegee met opmerkings soos "utterly disgraceful" en "absolute total disrespect."
Volgens Dries de Beer van die toerismeburo gaan geen klag van saakbeskadiging in hierdie stadium gelê word nie.
Enigiemand met inligting oor die identiteit van die vandalis kan met die buro in verbinding tree by 028 754 2602.
Een van die ontsierde kunswerke. Foto's: Deona Aucamp
Die woord smash is op 'n kaart van die dorp geverf.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'