Breaking News
ALBERTINIA NUUSFLITS - Inligting is ontvang dat ’n gewapende roof teen ongeveer 15:35 by 'n supermark in dié dorp plaasgevind het.
Die verdagtes het in ’n wit voertuig met ’n CA-registrasienommer op die vlug geslaan. Die polisie is nog op die toneel.
Die gemeenskap word gevra om nie die verdagtes te konfronteer indien hulle hul opmerk, of weet waar hulle hul bevind nie, maar dadelik die plaaslike polisie by 028 735 8040 of 10111 te skakel.
Dit is al inligting wat tans beskikbaar is.
Lees die nuutste hier: Opvolg: Gewapende roof
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'