Update
ALBERTINIA NUUS - Twee verdagtes is nog op vrye voet nadat hulle Albertinia Superette van geld beroof het. Niemand is beseer nie.
Sers. Ciska Badenhorst, polisie woordvoerder van Albertinia-polisie het aan Suid-Kaap Forum gesê dat die mans gewapen is. “Dit is handwapens wat maklik onder hul klere weggesteek kan word en ons vra weereens dat die publiek nie hulle moet konfronteer nie, maar ons dadelik in kennis stel.”
Die bruin mans het volgens haar te voet weggekom; nie met ’n wit Kaapse voertuig soos aanvanklik berig is nie.
Een van die verdagtes het ’n wit broek met oranjekleurige rugbytrui waarop FNB se logo agterop is, aangehad. Hy het ’n maroen keps gedra, het ’n bokbaardjie en is stewig gebou, soos ’n rugbyvoorspeler. Albei is tussen die ouderdom van 23-30 jaar.
’n Saak is geopen en enige inligting in verband met die voorval kan aan sers. Deon Jansen by 079 894 1615 of 082 469 7470 deurgegee word. Dit sal as vertroulik beskou word.
Meer inligting volg sodra bekend.
Lees 'n vorige artikel hier: Gewapende roof in Albertinia
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'