Update Video
RIVERSDAL NUUS en VIDEO - Die kurator van die Julius Gordon Africana Sentrum, ook bekend as die Versveld Huis, Louise du Plessis, het vroeër vanjaar 'n kompetisie begin om geld in te samel vir die beveiling van die skatte wat hulle huisves.
Die wenners is intussen bekend gemaak en daar is R14 700 deur die projek ingesamel.
Daar is dadelik aan die werk gespring om die elektriese heining te installeer. Suid-Kaap Forum het Donderdag 10 Augustus met Du Plessis gaan gesels nadat daar opgelet is dat die oprigting voltooi is.
Sy is baie ingenome met die elektriese heining en bedank almal wat haar in die projek ondersteun het.
Sy noem dat daar nog 'n paar dinge is wat sy wil doen, maar sal eers weer geld daarvoor moet kry.
"Dit word opreg waardeer. Inwoners en mense van elders kan hulle kom vergewis van hierdie unieke nasionale gedenkwaardigheid in ons omgewing," sê sy.
Kyk 'n video hieronder.
ARTIKEL, VIDEO & FOTO: ELIZE BLOM, SUID-KAAP FORUM-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'