Video
RIVERSDAL NUUSFLITS & VIDEO - Louise du Plessis, die kurator van die Julius Gordon Africana Sentrum (ook bekend as Versfeld Huis) op Riversdal, het vroeër vanjaar ‘n kompetisie geloods om fondse in te samel vir die beveiliging van die verborge skatte wat hul huisves.
Die wenners is intussen bekend gemaak en daar is R14 700 deur die projek ingesamel.
Daar is dadelik aan die werk gespring om die elektriese heinings te installeer.
Suid-Kaap Forum het Donderdag 10 Augustus met Louise gaan gesels nadat daar opgelet is dat die oprigting voltooi is.
Kyk 'n video hieronder.
Die unieke nasionale gedenkwaardigheid in Langstraat, Riversdal.
VIDEO & FOTO'S: ELIZE BLOM, SUID-KAAP FORUM-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'